likeur
vol stof en padmoeg
kom hulle hier aan
in sulke optogte
van oral se registrasies
so ver as die noorde
selfs dié ooskus
daag ook op
vir plesier en mooiweer
het hulle gekom
handoeke en strandsambrele
sonbrand middels
en baie kiste bier
meeste mense
darem goed gemanierd
arme weskussers betaal weer
van vroeg in november al
betaal almal die premie
van tien tot dertig persent
amper so gereeld as eskom
word pryse gelig
die wat weet, bring kos saam
hoekom is jy hier, vra ek
die see is my likeur
as ek nie een keer per jaar
in die see kan swem
die sout in die seelug
inadem nie
is ek nie heel nie
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek