
My tortelduiflief (Goud)
ek wou maar net ‘n rympie skryf
oor die minnelied van ‘n tortelduif
wat koer-koer in die wilgerboom
liries van die liefde droom
dis toe my oog haar fladders vang
waar die bloubessieboom se takkies hang
haar beeldskoon beeld was sonder blaam
soos in ‘n windverwelkte fotoraam
ek reik dromend uit na haar
maar sy’s onbereikbaar ver
en in die skemervaal verskans
hang net die skynsels van haar dans
my woorde raak verstrengel
in hierdie aansig van ‘n engel
en my vers word ‘n ballade
gevul met die liefde se bravade
Andries Fourie
(Seirdna)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek