
simfonie in pers (SILWER)
simfonie in pers
dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg
en Pretoria pronk in purper-pers
die wind streel met ʼn sagte hand
oor die Jakarandabloeisels in die laan
net gister was die aarde nog vaal
nou jubel groot trosse bloupers
blomme aan punte van dun takkies
en sprei ʼn perstapyt uit in die laan
ʼn Hadeda sprei sy vlerke en
sing ʼn loflied in die lente-simfonie
©Marlene Erasmus
30/10/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek