klein oomblikke (Silwer)
soms raak my woorde min
en moet ek skryfplek soek
dan vul ek my digtershart
se leë woord-fontein
met die lewe se klein oomblikke
tot dit bor’lend oorloop
my woorde liries laat vloei
en ek raak rustig aan die slaap
gedig en skryf-lier in die hand
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek