Drie silwer bangles
Al het ons nooit gepraat nie,
het ons vir mekaar gekyk –
en in jou brief met drie silwer bangles
vra jy toe om met my te kys –
en al was jou hare altyd ongekam
en jou bynaam Bospatrys,
het my hartjie tog ja gesê
maar moes my sussie dit skryf –
( want sy was toe al sewe
en ek nog maar vyf ).
En al het ons nooit gepraat nie,
het ons albei geweet dis ja –
as jy elke dag so blinkoog kyk
hoe ek jou kliengelienge-bangles
om my dun armpie dra.
Al het ons nooit gepraat nie . . . . . .
©Elizabeth Greef
4 Kommentare
-
Koekekranka
O, ek lief hierdie romantiese bakvissieterugblik! Raak sommer dieplê snare wat ek al gedag het verroes het... 'n Hartswerkie!
-
neels
Dit is nou heerlike kinder romanse
-
Arnold
Dis nou sommer spoggerig geskryf, hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis nou kinderlik mooi!!! Mal oor hierdie gedig!