Jongste aktiwiteit:

‘n Simple gedig

Simple Gedig

Ek hou van ‘n simple gedig
met lekkerlees ritme en rym.

Die woorde moet
oor my tong gallop
soos ‘n perd in die veld
sonder ‘n saal daarop.
Die boodskap moet reguit en duidelik wees
dat ek nie hoef te wonder wat dit is wat ek lees.

Ek hou van ‘n simple gedig
wat my hoog op sy vlerke dra.

‘n Simple gedig is al wat ek vra –
een wat oor my tong gallop
soos ‘n perd in die veld
sonder ‘n saal daarop.

Lorraine Smit
2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed