Die Laaste Vertrek in my Huis
Die Laaste Vertrek in my Huis
Aan die einde van ‘n donker gang
is die laaste vertrek in my huis.
Die swaar, toe deur maak my bang,
want net ek weet
van die opgeroeste kluis
waar ek al my seer en pyn wegsluit.
Ek ken nog die kode van die kluis,
in hierdie donker vertrek in my huis,
maar ek maak dit nooit meer oop nie.
Ek laat my nie van my pantser stroop nie
deur in pynkamers rond te loop nie.
Aan die einde van ‘n lang, lang gang
is die donkerste kamer in my huis,
maar ek maak daai deur nooit weer oop nie.
Ek sal myself nie so uitverkoop nie
en die vreugde weer uit my laat loop nie.
Lorraine Smit
2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Janita
Sjoe Lorraine, ek hou baie van hierdie een. 'n Gedig waarmee mens kan identifiseer en wat met jou praat.....dit is sinvol en laat mens dink.