Ink-wellusteling
Die diggewoonte is diep ingewortel
oor hoe ons liefde nooit sal verflou,
sit ek met welverdiende pen
al my gladloopwoorde op jou
beminde verse ruikend na die lamp
vir jou altyd die blinkkant bo hou
altyd die sonnigste kant vertoon
jou liefde wys my die lewe se ligte
kant
Zebulon Kochk
Silwer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek