Heel my Vredevors (Silwer)
Ek hoor nog die laaste
gegons van haar stem
ons was ‘n liefdespaar
gesit in die skuit
moes meesvaar maar
nou deurvleg sy tussen engele
O God
en Seun van die mens
kom stryk my hoof met salfolie
giet balsem in my wonde
streel my ego deur U
versag my leed
sonder ‘n donker wolkstreep
op die horison.
Zebulon Kochk
Zebbiekaans
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek