Ek wou nog sê
EK WOU NOG Sê:
My woorde het verdamp
en my mond was droog
daarom kon ek nie se
hoe my hart oor jou voel
en hoe diep jy in my lê
Moeisaam het ek probeer
formuleer hoe en wat
jy vir my is en beteken
maar my tong was lam
en onbekend
Ek wou nog sê
jy is ongelooflik
dierbaar verby en
dat ek aan jou
behoort my mens.
@ Estia
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.