Jongste aktiwiteit:

Paarl

berge lê wydsbeen

in die groet van dag

strekmerke bloei
binne ‘n spinneweb
van lewe

die naeltjie ‘n kloof
golf groen waar
wind askiestog blaas
en plante diennaars is
in afgoding van
die son

‘n stillewe voëls
volg natuurlike orde

‘n ritueel so oud
soos tyd

dus wasem
asem wolke
na stil vallleie

hier verkrummel ek
tussen hoogte en klip

hier plant my siel
homself tussen die
groewe van heuwels

heilig
dink ek aan God

© 2024 Louw-Marie Sauerman




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed