
kabaal
die geblaf kom eentonig
kermend die geroep na aandag
alles oorweldiggende klanke
van die duister nag
brakkenjan knor onrustig
hierdie snyende geluide ontstig hom
legio boodskappe wat sy oor bereik
selfs die ligging en afstand
wat sou sy omstandighede wees
hoekom huil hy so alleen – aaneen
is dit woede of hongersnood
of net eensaamheid
tergende vraagtekens van bestaan
met sonop kom alles tot plotselinge stilte
wat het nou gebeur – sy baas verskyn
dalk nou eers kos en water gekry
soos klokslag teen negentien honderd
vanaand, begin die treurige lied van voor
agter hoë mure verskans, trek klanke
op na die wye hemeltrans
.
Ó Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek