sosial(u)s
bring plooie minder lus
sal die man ooit gaan rus
leeftyd se affiliasie soek
gedagte geprente boek
verander die lus in iets anders
dalk in wapperende vlae van pervers
wanneer is die wolf te oud daarvoor
om dalk te verander na ‘n jakkals
verander sy gedagtes nog in drome
laatnag drome oor die onbekende les
dit wat deur ervaring geprent is
wat telkens opdiep uit die niet
verander dinamika in meganié
van stil gedagtes onderdrukte emosie
wat selfs nie meer op sy gesig wys
net die oë – ou vriend – dis al
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.