
hart-se-tog
die verlede haal jou in
afgemete treë gemetronoom
op die wysie van jou hart-se-tog
deur diep dale en oor berge
altyd weer die herinnering
wat in jou drome speel
soms nagmerrie-drome
dikwels weer net die mooi
maar tog, ..dit kom net weer
so asof daar iets verlore is
soos verspeelde kanse
wat vir altyd weer
sal verwyt
tot die
tog voltooid
gen eboekstaaf
op die tafels
van jou
hart
is
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.