Jongste aktiwiteit:

Buffels in Soweto

Buffels in Soweto

My weet van Soweto is anders as nou
want ek was daar toe
daar nog buffels was in Soweto

op die straathoek was ons
ontplooi
in ons buffels wat eintlik
n teenmynvoertuig was

die SAP het Caspirs gehad
maar ons was oop in ons buffels
maklike teiken vir n klipgooier
en soms n petrolbom

wanneer die skares verbybeweeg
het ek gewonder wat soek ek daar
my hart het in my keel geklop as
die massas dreunsang pleeg

en ons net tienman op
die Soweto straathoek
in die buffel sit en kyk
hoe hierdie mensdom
ons beleef

dit was n ander Suid Afrika
as die een wat ek geken het
uit my gemakzone
het ek beland in n ander lewe

nou is dit anders want daar is
nie meer buffels in Soweto nie




Hou daarvan om storielyn gedigte te skryf as ek dit sou kon beskryf. Die mense wat dit lees se dikwels hulle "sien " dit in hulle gedagte wereld. My gedigte is op n blog http://gedigtevirjou.blogspot.com wil jy nog meer daarvan lees net vir die lekker daarvan

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed