Jongste aktiwiteit:

L-E-W-E

L-E-W-E

is lewe ‘n komplekse tapisserie
met ingewikkelde fraktale,
met ‘n innerlike gids wat ons vergesel en
niks deur toeval gelei word

ons so kwesbaar … soos ‘n spieël in ‘n raaisel
verberg-nog-nie-openbaar nie

of is dit daaglikse komplekse keuses,
robuust geïnkarneer
as ‘n ongewone kunswerk
beïnvloed deur ‘n delikate balans
van bewuste en onbewuste optredes

en ons verantwoordelikheid
wat eksponensieël toeneem –

k-e-u-s-e-s …

maak ‘n permanente effek op die ewigheid,
weerklinkend deur die oneindigheid

wat soos ‘n verskietende ster ontplof
en kosmies skitterend aan die uitspansel
die firmament verlig in al sy oneindigheid, dáár ontvou die kwesbaarheid van ons aktualiteit;

‘n lewende grens tussen wins en verlies,
dis onuitputlik en kontekstueel kompleks
en kom neer op vloervlak in werklikheid,
die moeilikste oorwinbare grondgebied

©Riana Crafford




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed