Jongste aktiwiteit:

Die spasies tussenin

Die spasies tussenin

spasies gevul met niks
of so wil dit voorkom
grenslose leegheid
of, dalk miskien nie

ek rig my oë op dít
uitgestrekte leegheid
golf partikulêre dualiteit
en ek vind die      spasies          tussenin

dis ‘n primitiewe vasval in dryfsand
as jy dwaal deur die neocortex van die verstand
waar geen plek, tyd, of dimensie jou bind
‘n labarint van emosies, en, geen woorde jou verslind

in jóu verstaan [              ]
probeer jy die toneel raam
terwyl jy begin om te reflekteer
vrae ontwakend … hoekom híerdie wentelbaan

ék lees jou woorde
ek lees jou sinne
maar ek vind jóu
in die     spasies       tussenin:

in die wye kosmos tussen saturnus en mars
vind ek ‘n siel ~~~~~
wat loop op onberymde klankgolwe
en elektro magnetiese paradigmas

kyk ek na die skilderdoek van verlore gisters
sien ek self-soortgelyke sketse van ‘n siel,
doodse-stiltes vertel van die kompleksiteit
van ‘n siel se behoefte wat net wil wees

in vrygeestige vlug deur die stratosfeer
strek ek my hand in stilte na jou uit
neem my saam na jou droom heelal
deur jóu uitgestrekte              atmosfeer

na       die        spasies        tussenin

©Riana Crafford




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed