Adonis
Adonis (Brons)
Breebors het hy oor haar geleun
tot hy mond tot mond begin.
Die frisgeboude boereseun
en sy, die halfverdrinkte meermin.
Toe sy lewensredderlippe aan hare raak,
kon sy voel hoe die lewe in haar terugkeer,
maar dis eers toe sy haar oe oopmaak
dat sy werklik sy skoonheid kon waardeer.
Nou is dit sy wat fyntjies oor hom leun
en skielik maak niks vir haar meer sin.
Die eens frisgeboude boerseun
nou net ‘n geraamte en sy kragte uiters min.
Kanker het sy hele liggaam aangeraak,
geen hoop op genesing is daar meer,
maar dis eers toe hy sy oe toemaak
dat sy besef – haar Adonis is hy nie meer.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek