Jongste aktiwiteit:

Die vrou van die straat

Die vrou op die hoek van die straat

Sy staan op die hoek van die straat,

haar hande blou van die koue.

Vroegoggend en nog donker,

maar sy is vir werk paraat.

Robotte werk nie

en karre staan in toue.

Tog sien niemand die vrou raak

wat so vir haar en haar seun

die lewe draaglik probeer maak,

hier op die hoek van die straat.

Haar lewensmaat en eens broodwinner

het hul vir ‘n ander liefde verlaat.

Deur liefde vir haar kind gedryf,

staan sy daar in wind en weer,

al knaag die koue aan haar lyf.

Sy sien oordeel in die oe wat staar.

Niemand wat verstaan wat sy moet deurmaak.

Sy is van alle selfrespek gestroop

en beroof van alle hoop.

Sy, eens die rykmansvrou,

moet nou by die armes bedel

om maar net ‘n brood te kan koop.

So draai die lewenswiel vir elk van ons

en hy wat bo is bly nie vir ewig bo.

Jou posisie, status en plek

is maar net “n gawe van bo.

Jy wat so aan jou status kleef,

wat soms so ver bo jou vermoens leef,

besef dat ook vir jou die wiel kan draai.

Ry daarom hierdie vrou nie verby,

want wie weet

net more is dit dalk jy.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed