Jongste aktiwiteit:

Briefie in die sand (Engelse sonnet) My Liefling – Silwer klas

Briefie in die sand (Engelse sonnet)

My Liefling

ek sit hier in uniform onder ’n groot kremetartboom
patroon ek met ’n R1 hierdie briefie vir jou in die sand
geplot binne die ruitverwysing van ons droom
ek kan nie vir jou sê waar ek is, maar ek verdedig my land

jy ontplof my hart met elke mortier se fluit
jy granaat my hart se skerwe tot op die letter
jy lugfakkel my arena van vrees met elke geluid
letter jou liefde in elke masjiengeweer se kletter

jy kamofleer die pyn van my hart in jou trane
sweef tesame met my valskerm in die lug
onder felblink sterre en sekelmane
roep ek jou beeld in herinneringe terug

R1 ek hierdie briefie aan jou in die sand
luiperdkruip my verlange na jou uitgestrekte hand
————————-oo00oo———————–
(© Pieter Mostert)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed