Jongste aktiwiteit:

Die melkweg (Epiese gedig) – Silwer klas

Die melkweg  (Epiese gedig)

duisternis sambreel die son
se laaste vlek op die uitgestrekte horison
triljoene vlammetjies diamantjies verskyn
uit die hemel se sterremyn
en speldekussing die fluweel van die nag

sterrekonfetti sterrewolkie die melkweg
en rondom die sekel van die maan
raam die prag van die naghemel

die aandwindjie fluister soel en koel
deur die saggolwende duineveld
en naggeluide koor die stilte rondom ons

ek sit saam met Buks Appelblaar
leier van ’n groep Boesmans in die Kalahari
by sy vuurtjie

ek kon sien hoe die vlamme
van Buks Appelblaar se vuurtjie
in sy oë dans
asof hulle met hom praat
in sy klik-klak-klik-klik-taal

dan, kyk Buks Appelblaar
op na die naghemel
bokant ons

terwyl
die sterrekaros van die naghemel
in die spieëls van sy oë weerkaats
vertel Buks Appelblaar
my die storie oor die melkweg

myse vriend
jy sien hom diese melksyweg
d-a-a-r bo
by Naoea* Syse karos
l-a-n-k … l-a-n-k … sy tyd
Naoea Hy het ga’maak
diese g-r-o-o-t … g-r-o-o-t … g-r-o-o-t …vuur
toe
Naoea Hy uithaal by dari groot vuur
diese son
en
sos
dari vuur hy ampor brand hom klaar-klaar
Naoea
Hy uithaal diese maan
en
sos
dari vuur hy ampor brand
klaar-klaar-klaar
sos by myse vuurtjie

hy brand hom klaar vannaand
myse vuurtjie hy los net hom diese as
Naoea
Hy vat diese as by Syse vuur
en
Naoea Hy gooi hom binnekant
by Syse karos vani nag
toe
dari as
diese word hom diese
melksyweg

jy sien hom
daarso bo vanaand
by
Naoea
Syse karos …
——-ooo000ooo——-
(©  Pieter Mostert)
(*Naoea is by monde van die Boesmans die Hoogste Wese. Foto nie deur my geneem. Fotograaf onbekend)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed