verkose
“ek” het nie gekies om te wees nie
Hy het die siel in my liggaam geplaas
fisiologies in sonde ontvang en gebore
my lewensbaan om son vertel daarvan
kleine spikkeltjie stof, met nadenke
byna vergeetlik klein, onbenullig
“ek” laat voetspore op aarde
wat begin by my formering
maar nie eindig in graf
so wyd as God se genade
lê my voetspore uitgestrek
oor lande en menseharte
terwyl “ek” tyd uitkoop
oppad na heiligheid
van Sy genade
“ek” sal eendag
volgens belofte: “iemand”
kan wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.