Jongste aktiwiteit:

ek sē (uit die middeleeue)

 

 

ek wil graag iets aan die groot klok hang vandag;

om iemand in die steek te laat, is genoeg

om iemand in die harnas te jaag

ek wil diegene aan die kaak stel

duimskroewe op hulle aandraai

hulle brandmerk en sorg dat

hulle nie ongeskore daarvan

afkom nie

 

om iemand die leviete voor te lees

daarvoor is ek so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen

maar ek moet die spyker op die kop slaan

die skuldiges oor die kole haal

voor hul lepel in die dak steek

die lugkastele wat hulle bou

en dit wat hul in die skild voer

daaraan het ek ‘n broer dood

 

soos al my broers en susters van blou bloed

moet ons die hef in die hand probeer hou

vir julle haal ek my hoed nederig af

vir julle sal ek in die bres tree

iets spesiaals uit die hoed trek

voor ons van die duiwel praat

en ons dalk op sy stert trap

dié is maar net ‘n grap

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed