
‘n Gevoel van warmte
Lê die storie van my hart
soms verlore en alleen
laat my weer onthou
van die werklikheid saam met jou …
Voel my nabyheid
tussen gister se herinneringe ,
en môre se drome
hoe diep my liefde vir jou lê
kan ek nie in jou woorde sê
En wanneer die wind
sy liedjie kom sing
leer hy my die geheime
van jou sagte fluister
ek luister…
Jou glimlag maak my wêreld helderder …
wat ek voel in my hart is nuut
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek