Jongste aktiwiteit:

Chemiebrein

Chemiebrein
(my brein fluister kennisse)

gisteraand het chemikalieë uit my liggaam gegroei
in termodinamika oor ‘n bunsenbrander gevloei
ek was superslim en dronk van etanolstroop –
my pupil het geskitter en gestop tot eindproduk van reaksie
tot chemiese binding en die kern van begrip
ek gloei voor die mendeleev
van die chemiegees van ‘n periodieke tabel
ek is ‘n atoomdroom en ek is bloedjonk
oor my regeer mendelevium en die elemente
daarom dans simbole en ‘n chemikus volop in my neurone
daarom is die kennisse rooi in my brein

© Roeline van Schalkwyk

Dis ‘n patische van iemand se gedig, maar ek kan nie onthou wie dit is nie – het dit nêrens afgeskryf nie…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed