Jongste aktiwiteit:

Onsigbare asem

saggies ritsel die blare
heen en weer wieg die take
strompel na benede
los blare na grond

die Onsigbare asem
besig met Almagtige werke
word die besef in my binneste
hoe nietig ons hier op aarde

wyd en syd versprei Hy dit
ons net ‘n klein saadjie
tussen enorme gebeure
van wind, son en maan

stortings, tsunamies
skree die suisings van slae
‘n God van liefde vir almal
maar ‘n toorn van teleurstelling

die Onsigbare asem
niksvermoedende skepping
vergete van ‘n goddelike wese
druis voort onteenseglik groot

warrellende gewoel op aarde
besig met klein onsin dinge
vergete ‘n majesteit wentelende
deur berge, dale, vlaktes en klowe

opsoek na reinheid van wense
weggewaai deur satans insluiping
sluimerende tot besinning
sy liefde toegegooi onder slapendes

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed