Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Pandemie

Deur Amazon
Datum gepubliseer: 1 September 2021 Aantal woorde: 299 224 Kere gelees 8

onverwags soos ‘n monster
het dit ons kom bekruip
soos ‘n slang in die nag
donker adder geslag
hangende in die lug
waar niemand iets kan sien
ver verwyder van mekaar
met maskers word ons
glimlagte verberg
geen glimlag ooit meer te sien
donker het die gedagtes geraak
terwyl baie hul menswees verloor

in ons huise moes ons bly
werke is verloor
en lewens onheilspellend
die diepte van dood in versonk
so kom die gogga en skeur
mense uitmekaar
en verval in die afgronde in
soos die sekelmaan
se lemme sny deur elkeen
se gedagtes wie is reg en wie nie
en elkeen staan alleen
met gedagtes diep

so hier en daar is daar ‘n liggie
wat ophelder en die lewe weer gryp
vreesbevange is heelwat in sak en as
grou en seer maar die einde
nog nie in sig…en mense praat
en wonder wat volgende
hoe lank nog die pad
wat ons moet loop voordat
ons weer in mekaar kan omhels
en verskeurde liefdes weer opeis

wolkekrabbers tussen wind en weer
vertel vir ons die storie kom nader
daar is ‘n lig wat skyn vir jou
vat net die regte pad
en draai nooit weer terug
hou hom aan te stap
moet nooit moed verloor
want daar waar hy eindig
het ek alles klaar voorberei
kom deel jou liefde mee
en vergeet van die grysgrou grynslag

sekelmaan hoeveel wil jy nog sny
en lewens wil jy verwoes
besef jy dan nie jou lem
is besig om stomp te word
want daar waar die liggie skyn
kom krag vandaan
wat jou gou kan laat lamlê
so groet nou maar
die einde in sig
verniet het jy hard probeer
jou trippel ses is besig
om boepens onderstebo te swaai
gaan jy in jou eie pandemie verval

@Louisa van Vliet




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 162
Kommentaar telling: 31

Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 364 gaste aanlyn

Bydraes – Argief