Herfs (SILWER)
Herfs
Laat die herfs jou dalk hartseer
oor die koms van winterweer?
Het die somer te gou verbygesnel vir jou?
Wou jou hart steeds naarstigt’lik aan lenteprag klou?
Raak stil en berus in die prag van die blare:
in die kom en die gaan van seisoene en jare.
Verand’ring en ylheid is slegs meetbaar, my vriend,
teen skoonheid en lewe rééds beleef – onverdiend.
© ASvdM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek