Die laaste blaar het geval (Brons)
dit was herfs my lief, daai jaar…
en son was lui om vroeg op te staan
so ons voetspore het verdwaal
onder al die blaar massas
en jy, jy het vir ewig verhuis, daai jaar
en ons onthoutjies het yl gehang
soos hande teen die grys-grou hemel
wyl wind sy treursang treurig gesing het
en boom se arms my gedagtes gesus het
het die gevalle blare saam gedans op die maat
gewarrelwind, getol en gehink-en-pink
tot wind gaan lê het
en son die oosterkim roesrooi gekleur het
het ons laaste blaar geval
©Cornien Naudé
21/08/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek