Uitkoms
maar dalk, op ’n dag
val daar druppels uit ’n potblou hemel
– abrup, heel onverwag
dan sal jy dans
jy sal huil
jy sal lag
as jou vleie loop
as reën riviere raak
trane sal ’n vuil streep
oor jou stofwang kaart,
maar wie gee om –
genade moet ’n merk kan maak
© Carma Shaw
27 November 2018
5:37
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.