Cindy
Ons was jonk en naïef,
jy was blonde met ‘n mooi engel gesiggie,
en ek was hals oor kop verlief,
my stief oupa se boetie se kind,
so eintlik my vêrlangse, baie vêrlangse soort van ‘n niggie.
Soentjies blaas was ons ding,
onder die lapa het ons gedans,
want jou pa het verjaar,
ek het dit rerig terdeë geniet,
al wou ek net sing,
want ek het groot gedroom, dit is al wat ek wil doen,
met jou skoonheid het jy die spiere uit my knieë gegiet,
en ek is seker as ek jou nou sou sien,
maak jy steeds my knieë lam,
al is jy vandag gelukkig getroud,
ek weet dat jy dit, en nog soveel meer verdien.
Ons was jonk en naïef,
jy met jou oulike laggie,
skoon verlief,
daai dag toe maak jy my daggie,
jy moet weet, vir jou sal ek nooit vergeet nie,
dit is onmoontlik, liefste Cindy!
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.