Jongste aktiwiteit:

Vrede

Vrede

Dis die mooiste mooiste maand
en die arumlelies staan plate wit
in die blom en die swaeltjies het
in groot swerms uit die noordelike
halfrond in lewensgevaar teruggekeer
want nêrens is vrede, jy beland in die spervuur
en in Afrika is toestande net so haglik en uiters
gevaarlik, selfs hier te lande kook dit,
maar hulle is so bly en dankbaar om na
hul veilige nessies terug te keer, en groet
met sierlike formasies en maneuvers hul
vreugdegroet, en verlaat dan een-een die swerm
om die nessie te gaan oopsluit, die blindings ooptrek
vir lig en lug en laat die Afrika son mildelik inskyn,
en uiteindelik is rus en vrede gevind na die
lang lang gevaarlike vlug suidwaarts en huiswaarts,
pais en vrede —

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed