
Lente
Lente
Ek ken die blomryke Bolandse lente,
ek ken Namakwaland se blommeprag,
ek ken Gauteng se pragtige kosmosblomme
wat die hoofpaaie aan weerskante opvrolik—
Ek ken die droë lente van my heimatland
smagtend na ‘n vroeë lentereën waar
die fyn opslag en droë twagraspolle
hunkerend gereed is vir hul lentedos—
Droogte of oordaad, in my hart is dit
ewig lente want jou liefde laat blom daar
gousblomme, kosmosse, arumlelies, rabastee
fynbos met voëlgesang en huppelende bokkies—
Bye zoem blom tot blom daar’s oordaad nektar en
jy my lief is heeljaar my hart se heuningsoet lente —
Janetta Helena [Babs] ©
3 Kommentare
-
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek