
Bolrug branders
Ek hoor die lente
se mantel ruis
en ek staar
na die hemelruim
Sug van verlange
uit die swellende aar
kraak die golwing
waar dit breek
en uit die diepste dal
skree oor murg en been
Die skree van die lewe
die pyn van die wete
borrel oor ‘n brokkie in my keel
kirrrts glierts …
my hart word yskoud
Wanneer mǒre weer
bolrug branders maak
wat rol en maal en druis
hoor ek die lente se mantel ruis
3 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek