My Lentehart
My Lentehart
Ek verouder fisies
maar ek het ‘n tydlose lentehart
wat nooit verouder nie en steeds
verlustig ek my in die skoonheid van
die natuur, woord en lied, en ek groet
elke rosige sonopkoms met vreugde—
Elke kleurvolle sonsondergang hou die
belofte in van ‘n nuutgebore dag en as
die son soggens deur die oostergloor breek
juig my jong lentehart dankbaar nederig
oor nog ‘n dag vol geleenthede en vars
lentegroei van geestelike vernuwing
vry van fisiese veroudering,
‘’forever young’’—
Janetta Helena (Babs]©
2 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek