Hoe jy moet luister in stiltes(silwer)
Geagte Mnr Seurat…
laat ek vra oor al die kolletjies,
hoe maak jy oop vir daai stiltes?
wat baldadig rondhoer-
laat ek vra oor al die kolletjies
in jou vreedsame komposisie
wat baldadig rondhoer
wyl jou doek balk krete blaas
in jou vreedsame komposisie,
hoe maak jy oop vir daai stiltes?
wyl jou doek balk krete blaas-
Geagte Mnr Seurat.
©Morné du Preez
2 Kommentare
-

Elizabeth
Lief dit, pragtig Morné!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek