Jongste aktiwiteit:

DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 7

HOOFSTUK 7

Die middag net na twee bring forensies hulle verslag. Volgens hulle verslag is daar geen vreemde vinger afdrukke gevind nie maar het hulle wel klein grond stukkies op die vloer gevind wat deur die moordenaar daar gelaat is. Buite het hulle n spoor gevind waar die moordenaar n oomblik van die oprit afgetrap het in die grond. Hulle kon van die soolmerk n duidelike afdruk maak. Dit wil voorkom asof dit swaar stewelspore was. Daar is n gipsafdruk van die soolmerk gemaak en is n foto daarvan ingesluit. Die grondstukkies is ingestuur vir ontleding om te probeer vasstel waar dit vandaan kom.

Irene se selfoon word ook in n plastieksakkie afgelewer en skakel Kas die selfoon aan. Gelukkig is daar nie n “password” jie en kom Kas dadelik in. Vir n hele ruk sit hy na die “Call Register” en kyk en gaan toe op haar boodskappe in. met verbasing begin hy besef dat Irene Swart n minnaar gehad en en trek hy sy telefoon nader om die minnaar te skakel en hom te ontbied vir n verklaring. Armand Verwey antwoord sy foon met die tweede lui: “Armand Verwey wat praat waarmee help ek”.

Kas stel homself voor: “Meneer Verwey dit is kaptein Dreyer van Moord en Roof. Jy weet seker al teen hierdie tyd dat Irene Swart gister by haar huis vermoor is en ek ondersoek die moord”.

Kas swyg n paar oomblikke om sy woorde te laat insink maar toe Verwey nie antwoord nie gaan hy voort: “Meneer Verwey ek het op haar selfoon ingegaan en op verskeie boodskappe wat tussen julle gewissel is afgekom. Sal jy my asseblief so spoedig moontlik kom besoek want ek het heelwat vrae om te vra en ek wil n verklaring ook by jou afneem”.

Nou antwoord Verwey dadelik: “Kaptein ek sal sommer nou dadelik kom maar ek kan jou verseker dit is nie ek wat haar vermoor het nie. Ek is binne n halfuur by jou”.

Kas sien ook die boodskap van Estelle Verwey maar skryf hy die nommer net eers af. Hy sal later met haar gaan gesels

Terwyl Kas op Armand Verwey wag kom Alwyn Roos sy kantoor in: “Kaptein ons kry niks uit die gevangene uit nie en hy begin ons dreig om n klag van molestering teen ons in te dien”

Kas glimlag net toe hy antwoord: “Weet jy Alwyn ek twyfel van die begin af of hierdie spul iets met die moord te doen het. As jy nou hier bly sit sal jy sien waarvan ek praat. Hier is n liefdesdrama besig om te ontwikkel. Ek wag nou juis vir haar minnaar om in te kom vir n klompie vrae en n verklaring. Soos dit vir my nou lyk was dit of hy of Herman Swart en dan kan ek die minnaar se vrou nie uitsluit nie want sy het hulle uitgevang en moord geblaas teenoor Irene Swart”

Alwyn sit ingedagte deur die dossier en blaai en merk op: “Kaptein ek het nogal ook daaraan gedink en aan die moontlikheid van n huur moordenaar maar hierdie bom het te vars ontplof. Jy kan nie n huumoordenaar so vinnig gereël kry nie”.

Klop aan die deur en Armand Verwey kom die kantoor ingestap. Hy stel homself voor en Kas beduie na n stoel dat hy kan sit. Die man is duidelik senuagtig en bleek.

Kas val ook sommer dadelik weg: “Meneer Verwey ek gaan dit reguit aan jou stel. Jy was Irene Swart se minnaar. Die boodskappe op haar selfoon, wat sy nie uitgevee het nie, het jou verraai. Ek wil presies weet waar julle die naweek was en wat gebeur het”.

Verwey weet nie wat om te sê nie en is sy stelling aan Kas: “Kaptein ek het haar nie vermoor nie, ek sweer”.

“Meneer Verwey jy is n verdagte en as jy haar nie vermoor het nie moet jy my die volle waarheid vertel van die naweek se gebeure dat ek dan die werklike skuldige kan vastrek”, antwoord Kas.

Terwyl Armand die naweek se gebeure begin vertel maak Kas aantekeninge. Verwey ontken nie dat daar n verhouding tussen hom en Irene Swart was nie. Hy vertel dat hulle die Vrydag aand by die gastehuis ingeboek het en dat hulle die nag saam deurgebring het. Hy laat niks uit nie, ook nie van die woordewisseling wat tussen hom en Irene was die Saterdag oggend nie.

Toe hy klaar vertel het begin Kas met sy vrae: “Het julle Vrydagaand saam geslaap Meneer Verwey”.

“Ja kaptein ons het”, antwoord Verwey.

“Het jy n “remote” vir Irene se huis”, vra Kas.
Armand skud sy kop ontkennend: “Nee kaptein ek het nie en het ook nie belang gestel om een te hê nie”.

Kas se volgende vraag vang Armand onverwags: “Meneer Verwey waar was jy Sondag tussen nege en een uur, dit is in hierdie tyd wat Irene vermoor is”

Armand Verwey voel baie ongemaklik maar antwoord: “My vrou het ontdek dat ons n verhouding gehad het en ek het in my motor geklim en gery. Ek het net in n park gaan sit om my gedagtes te orden”.

“Ek het jou gevra om my alles te vertel. Hoekom het jy my nie hiervan vertel nie meneer Verwey”, vra Kas.

Verwey swyg en Kas maak die volgende stelling: “Meneer Verwey volgens die boodskappe op haar selfoon het iets skeef geloop tussen julle twee Saterdag oggend en is julle na n rusie uitmekaar. Waaroor het hierdie rusie gegaan en daar is n dreig boodskap van jou af op haar foon wat van jou n verdagte maak”.

Verwey word bloedrooi maar antwoord: “Kaptein ek het begin aandring dat sy haar man skei dat ons saam kan wees. Sy het my koel en kalm meegedeel dat dit nooit sal gebeur nie en as dit my houding is dit die einde van ons pad saam is”.

Verwey swyg en na n paar minute se stilte is Kas weer aan die woord: “MeneerVerwey ek gaan reël dat jy die pataloog besoek dat sy n saadmonster kan neem vir DNA toetse. Al het jy erken dat julle saam geslaap het is dit ongelukkig noodsaaklik. Ek moet seker maak dat daar nie n ander man ook by haar was nie”.

Kas skryf n adres op n stukkie papier en gee dit vir Verwey: “Ek gaan haar nou skakel en reël. Jy kan maar eers gaan maar ek moet jou sê dat jy sterk onder verdenking staan, terloops bly jy nog in die huis by jou vrou of het sy jou uitgegooi”.

“Ek bly nou in El Dorado gastehuis as jy my nodig kry kaptein. Ek sê weer ek het haar nie vermoor nie en sal al my samewerking gee om haar moordenaar op te spoor”, en met die staan Verwey op nadat Kas beduie het hy kan maar gaan.

Nadat hy weg is sit Kas ingedagte deur die dossier en blaai voordat hy teenoor Alwyn opmerk: “Wat my pla is hoe het die moordenaar in die huis gekom. Die enigste twee wat in die huis kon kom sonder om die alarm te aktiveer was Herman en Irene. Ek gaan gou by die sekuriteits maatskappy n draai gooi en dan kan ons more oggend gou by hierdie gastehuis n draai gaan gooi. Erens is hier n los draad wat ons besig is om mis te kyk, kom Alwyn dat ons gaan hoor by die sekuriteitsmaatskappy of hulle al die seine optel. Dalk kan daar iets wees wat ons help om hierdie los draad op te tel.”

Kolonel le Grange kom Kas se kantoor in en is sy eerste vraag: “Hoe vorder dit kaptein. Die pers word lasting met hulle vrae en hierdie moord gaan vanaand beslis in die koerante wees. Maryna Vosloo het my seker ook al drie keer geskakel om te hoor hoe vorder die ondersoek”.

Kas staan op en antwoord: “Kolonel op hierdie stadium lyk dit na n liefdes driehoek moord. Sy het n minnaar gehad en is sy uitgevang deur haar man maar hy het dit nog nie erken nie. Ek het die minnaar ondervra en ek gaan nou sekuriteits maatskappy toe. Ek wil doodseker maak of dit moontlik was dat n buitestaander toegang tot die huis kon kry sonder om die alarm stelsel te aktiveer.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed