Jongste aktiwiteit:

DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 8

HOOFSTUK 8

By die sekuriteitsfirma word Kas en Alwyn dadelik na die hoof deurgeneem nadat Kas die doel van hulle besoek verduidelik het.

Nadat Kas hulle voorgestel is aan die hoof, Gert Rossouw, verduidelik Kas die doel van hulle besoek: “Meneer Rossouw ons is die ondersoek beamptes na die moord op Irene Swart en ek het n paar vrae wat ek antwoorde op soek wat dalk kan help”

Rossouw antwoord dadelik: “Hierdie is vir ons ook n teer sakie want die eiendom is onder ons beskerming. Enigiets wat ons kan doen om te help doen ons”.

“Meneer Rossouw monitor julle oop en toesluit van eiendomme ook of tel julle net alarms op”, is Kas se eerste vraag aan Rossouw

“ Kaptein ons tel wel oop en toesluit seine op. Die rekenaar wat die spesifieke eiendom moniteer sal dit wys as ons dit nagaan. Kom ons gaan kontrolekamer toe dan gaan kyk ons wat se seine het die dag deurgekom.

In die kontrolekamer gaan Rossouw dadelik na n oop rekenaar toe en roep die geskiedenis van Sondag op. Toe dit op die skerm voor hom verskyn sit hy lank daarna en kyk en dan druk hy die geskiedenis van die Sondag. Met die drukstuk in sy hand staan hy op: “Kom ons gaan na my kantoor toe Kaptein dan kan ons dit rustig bestudeer’

In Rossouw se kantoor neem hy n potloop op en dan kom die potlood op n inskrywing tot rus.

Hy kyk vir Kas: “Die alarm was aan vanaf die vorige aand om 10h15. Dit is Sondagoggend om 06h20 gedeaktiveer. Hier is die volgende beweging om 10h15, n toesluit sein. Hier is weer n oopsluitsein om 10h30 en dan niks verder totdat die alarm weer die aand om 09h00 geaktiveer is nie. Ek vermoed dit is toe meneer Swart dalk gaan slaap het”.

“Wat my pla is hierdie oopsluitsein om 10h30, dit beteken een van twee dinge. Of Swart het terug gekeer om sy vou te vermoor en eers heelwat later die polisie ingeroep het of daar is n derde “remote” êrens. Hou julle rekord van die aantal “remotes” wat aan n eiendom toegeken word”, vra Kas.
Rossouw gaan weer op sy rekenaar in antwoord: “Volgens ons rekords is daar net twee “remotes” vir hierdie eiendom uitgereik maar dit sluit nie die moontlikheid uit dat n derde “remote” by n ander firma kon verkry word nie. Dit is maklik, jy moet net een van die bestaande “remotes” hê om die derde een te te kodeer en daar het jy hom.

Kas dink n oomblik na:”Swart sou nie n derde “remote” kon kry op n Sondag nie en waarom sou hy as hy sy eie “remote” net. As dit dus n buitestaander was sou hy een van die twee “remotes” moes kry om n derde een te laat maak en hoe sou hy dit reggekry het”.

“Ons het onlangs n geval gehad wat inbrekers saam met n man op die ontvangs by n motorhandelaar gewerk het. Sodra die voertuig inkom vir diens steel hy die “remote” van die sleutels af en oorhandig dit aan n sindikaat wat dan n derde “remote” laat maak het. Hulle bring dan die “remote” terug en kry sommer die voertuig eienaar se besonderhede ook om hulle in hulle inbraak te help”, antwoord Rossouw.

Kas en Alwyn staan op om te vertrek en groet vir Rossouw nadat hulle hom bedank het vir sy hulp.
Oppad kantoor besluit Kas dat hulle genoeg vir die dag gehad het: “Alwyn ek dink ons stop eers hier vir die dag. More gaan ek n besoek aan Herman Swart bring om te hoor hoekom hy vir my gelieg het oor die feit dat hy ontdek het dat sy vrou n minnaar gehad het en hy moet vir my mooi verduidelik waar hy Sondag oggend was.
Jy moet Verwey se vrou vir ons besoek en haar verklaring kry van waar sy Sondag oggend was en ons sal die moontlikheid nou in ag moet begin neem dat daar dalk n derde “remote” in iemand se besit was wat hom toegang tot die eiendom gegee het”.

Nadat Kas vir Alwyn afgelaai het keer hy huiswaarts en soos altyd wag n gretige Annatjie hom in om te verneem hoe die saak vorder. Sy was self op haar dae n speurder en rus nie voordat sy alles uit Kas uitgetrek het nie.

Soos altyd sit sy die sakie en oordink en dan kom haar kommentaar: “Kas ek dink nie een van die verdagtes het haar vermoor nie. Verwurg is ook nie in ons lyn nie. Skiet ja, of vergiftig, maar verwurg, aikona. Hier is n onbekende buitestaander betrokke. Hierdie ene wat haar Vrydag in die hof gedreig het was meer bek as binnegoed, in elk geval te vinnig om so iets te reël net soos met die ander verdagtes”.
Die volgende oggend is Kas se eerste besoek aan Herman Swart. Nadat hulle gegroet het is Kas se eerste vraag aan Herman: “Herman hoekom het jy vir my gelieg oor die feit dat jy bewus was daarvan dat jy ontdek het dat jou vrou n minnaar gehad het”.

Herman is duidelik ongemaklik maar antwoord dan: “Kas ek wou dit nie wêreldkundig maak nie. Ek het dit ook maar Saterdag eers ontdek toe ek terug gekom het van my visvang kompetisie af en die boodskappe op haar skootrekenaar ontdek het”.

“Herman jy besef natuurlik dat die feit dat jy dit verswyg het jou saak baie swaarder maak saam met die feit dat daar niemand is wat jou bewegings Sondag oggend kan staaf nie”, antwoord Kas en dan gaan Kas aan: “Was daar n rusie tussen julle toe sy Saterdag by die huis gekom het”.

Herman swyg n paar oomblikke en antwoord erg verleë: “Kas daar was en ek het haar Sondag oggend n week gegee om haar goed te pak en te trek uit die huis uit maar ek het haar nie vermoor nie”.

Kas dink n paar oomblikke na want wat Herman hom nou meedeel stem saam met die booodskappe wat sy vir Armand op haar selfoon gestuur het Annatjie se teorie van die vorige aand kom by hom op en besluit hy om die “remote” aan Irene se sleutels te vra.

“Herman kan ek die “remote” aan Irene se sleutels kry en ek moet ongelukkig ook beslag op haar skootrekenaar lê. Ek het nie n lasbrief nie maar ek is seker as jy onskuldig is jy saam met my sal werk dat ons die saak kan oplos”, vra Kas.

Herman het geen beswaar nie en gaan haal die skootrekenaar en die “remote” wat hy aan Kas oorhandig waarna Kas vertrek.

Terug op kantoor is Alwyn ook terug met die verklaring wat hy by Estelle Verwey afgeneem het. Kas lees die verklaring deur en sit dit in die dossier. In die verklaring erken sy dat sy haar man uitgevang het maar dat sy beslis niks met die moord te doen het nie.

“Sy is n klein en tenger vrou kaptein. Sy kon dit nie gedoen het nie en ek dink ons kan haar maar uitskakel en om iemand te kry om dit e doen kon sy nie so gou gereël het nie”, is Alwyn se kommentaar.

“En die twee verdagte mans is albei groot mans wat dit wel kon gedoen het”, antwoord Kas

Kolonel le Grange kom ook die kantoor in en sonder n woord gooi hy die koerant voor Kas neer.

Kas lees die hoofopskrif en dan die berig waarin die polisie uitgehaal word omdat daar nog nie n arrestasie was nie. Kas steur hom maar min hieraan en deel le Grange kortaf mee: “As hulle beter kan doen is hulle welkom kolonel. Ek begin al meer die idée kry dat hier n buitestaander betrokke is en gaan dit nou goeie voetwerk wees om al wat n sekuriteits maatskappy is te besoek om te probeer vasstel wie n “remote” laat maak het. Ek het een van die “remotes” by Herman Swart gekry en nou is dit net speurwerk om die skuldige op te spoor”.

Kas oorhandig die remote aan Alwyn: “Jou werk Alwyn. Gaan al hierdie spul sekuruteits maatskappye na en kyk of jy vir ons iets kan uitvind. Ek gaan die meneer wat in die gevangenis is weer n slag besoek en kyk of ek iets uit hom kan uitkry. Ek sal sersant Mofokeng saam met my neem ”.

By die gevangenis word Jacob Molatse uiteindelik deur n groot fris bewaarder ingebring en sit gemaak deur die bewaarder. Die bewaarder is, soos sers Mofokeng, n groot man en word Molatse redelik hardhandig sit gemaak.

Mofokeng het n nare gewoonte om aanhoudend met sy knipmes te sit en speel wanner iemand ondervra word terwyl hy die skuldige se oë met syne vasvang. Doodse stilte heers en Mofokeng sit allerhande bewegings met sy knipmes en uitvoer terwyl hy Molatse vas in die oë kyk tot Molatse duidelik ongemaklik raak.

“Ek wil weet wie is die man wat Vrydag in die hof die landdros met n gebalde vuis gedreig het. Jy weet seker teen hierdie tyd sy is vermoor en as jy nie praat nie gaan ek jou aankla van dwarsboming van die gereg”, kom die vraag skielik van Kas af.

Hulp kom skielik van n onverwagte kant af toe die bewaarder sy groot hand op Molatse se skouer rus en hy begin druk terwyl Mofokeng snybewegings oor sy keel begin maak met die knipmes.

“Jy het gehoor wat die kaptein gevra het. Jy hoef nie te antwoord nie maar ek is seker jy wil ou grote”, kom dit van die bewaarder af terwyl sy ander hand op die ander skouer begin rus en druk begin uitoefen, Molatse swyg egter al vertrek sy gesig van pyn.

“Was dit jou broer gewees”, vra Kas met n wilde raaiskoot. Molatse se gesigsuitdrukking gee hom weg en Kas weet hy het raak geraai.

Kas knik met sy kop en die bewaarder ruk Molatse weer op sy voete terwyl Mofokeng sy mes toeknip en in sy sak druk.

Toe die bewaarder hom uitlei verraai Molatsi homself toe hy vir Kas skree: “Jy los my broer uit platpoot”.

Kas is self voldaan en saam met Mofokeng gaan hulle na die administratiewe afdeling toe waar hulle Molatse se broer se adres kry.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed