Jongste aktiwiteit:

nederige trots

skuins voor my duin
staan fisant haantjie
hy stoot sy bors uit
kraai van pure trots

ver agter my duin
skreeu bande skerp
waar jongetjies gly
guitige trots vertoon

op my duin luister ek
na golwe wat nederig
maar definitief breek
soms stormtrots hoog

my gees sweef oor die duine en see
my hart verlang na nederige hartklop
van natuur en mens voor hul Skepper

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed