Bly By My
Bly by my wanneer dit winter word in my hart,
Bly by my al word dit om my koud en vaal.
As die die blare van my eerste liefde val en
Die bome in my siel staan winter kaal.
Bly by my wanneer ek bang word vir die waarheid.
Bly by my wanneer ek wegskram van my self.
As ek verstrengel raak in valsheid of verraad en
Verbitterd in ‘n seer verlede delf.
Bly by my al word ek kwaad en ongeduldig.
Bly by my wanneer ek willoos word en bang.
As ek terugdeins of verslae agter bly of
As verwyte soos ‘n rookmis om my hang.
Bly by my wanneer ek self vir alles kans sien.
Bly by my wanneer ek dapper is, maar dom.
As ek sonder sorge sterk en regop staan,
Bly by my wannneer oorvloed in my blom.
Bly by my, Asseblief bly by my!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi!