Jongste aktiwiteit:

Ek bid vir jou

Ek bid dat as jy slaap, sal jy droom van watervalle.
Ek bid dat jy niks sal vrees nie, dit mors net kosbare tyd.
Ek bid vir reenboë om jou storms te volg.
Ek bid dat sonstrale jou donker wolke sal omring.
Ek bid dat jy net sal lag, ek weet dis moeilik, maar probeer.
Ek bid vir jou vir selfvertroue om jou eie foute te maak.
Ek bid vir jou vir geduld om jouself te aanvaar.
Ek bid vir jou vir moed as krisisse dreig.
Ek bid vir jou vir wysheid om die waarheid te hanteer.
Ek bid vir jou vir vrede, sodat jy kan rus.
Die trane wat jy nie huil nie sal ek verseker vir jou afdroog.
Jou weggesteekte lag sal ek vir jou gaan soek en terug bring.
Die seer in jou binneste sal ek vir jou uithaal en weggooi.
Jou herinneringe sal ek graag vir jou wil oordoen.
Jy is al teveel geoordeel vir jou aksies en nie jou intensies nie.
Onthou, ouderdom kan nie die tyd van die siel weergee nie, net Liefde kan.
Verder bid ek vir jou vir kennis om uitdagings te kan verstaan.
Ek bid ook vir jou vir egte vriende om jou dra as jy val.
Ek bid dat jy sal glo in dit wat jy doen en
Ek bid dat jy dit sal doen waar in jy glo.
Die asemrowendste dinge kan jy nie hoor of sien nie,
Jy kan dit slegs ervaar en beleef deur jou hart.
Ek bid dat wanneer dit vir jou seer is om terug te kyk en
Ek bid dat wanneer dit vir jou moeilik is om voorentoe te kyk,
Bid ek dat jy sal op kyk, want langs jou is nie nodig nie, ek is daar.
Laastens bid ek net vir jou vir onvoorwaardelike liefde om jou lewe te vervolmaak…




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed