Bloed vs Water
Hoeveel jare is dit nou, ‘n dekade of twee?
Jaar in jaar uit sit ek in jou veilige skaduwee.
Veilig? Hoe veilig is dit as jy somtyds wonder,
Of besef maar miskien is ek beter af hier sonder.
Van kleins af luister ek na als wat jy sê, maar
Het jy my opgetel as ek val of bloeiend daar lê?
Hulle sê bloed is dikker as water, maar natuurlik!
In water kan jy verdrink as jy te veel daarvan sluk.
Bloed word droog maak ‘n roof en word gesond.
Versuip afsterwe ‘n mooi kis en ‘n gat in die grond.
Laasgenoemde wil ek nog verseker vir ‘n ruk vermy.
Ons weet ek is lief vir julle en julle vir my.
Wanneer my bloed nie wou stol nie en dit my pla,
Kon ek met ‘n bietjie water die seerkry verdra.
Dis moeilik, bly jy nou wonder of leef jy maar daar sonder.
Wel ‘n mens bestaan uit die een net soveel as die ander,
Te veel of te min van beide laat jou liggaam in nood,
Wees versigtig dit kan dalk iewers lei tot die dood.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.