Jongste aktiwiteit:

Alles het Hy gelos

Alles het Hy gelos

Geen weermag het Hy saamgebring
om vir Hom die pad te wys
geen engele het Sy lof besing
of saamgekom om Hom te prys

geen goud of geld was op Hom
Hy was oor niks besorg
Hy het met leë hande gekom
wetend dat Sy Vader vir Hom sal staan as borg

so arm lyk die Man
wat vir my sondes boet
tog was dit hierdie Koning se plan
om vir my deur die kruis te ontmoet

Hy het alles in die hemel gelos, Sy kleed en Sy kroon
om redding te verkondig aan ‘n wêreld wat Hom verloën

©PcV

*Met apologie Grace Larson




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed