Ek bid vir jou
Ek bid dat as jy slaap, sal jy droom van watervalle. Ek bid dat jy niks sal vrees nie, dit mors net kosbare tyd. Ek bid vir reenboë om jou storms te volg. Ek bid dat sonstrale jou donker wolke sal omring. Ek bid dat jy net sal lag, ek weet dis moeilik, maar probeer. […]
Bloed vs Water
Hoeveel jare is dit nou, ‘n dekade of twee? Jaar in jaar uit sit ek in jou veilige skaduwee. Veilig? Hoe veilig is dit as jy somtyds wonder, Of besef maar miskien is ek beter af hier sonder. Van kleins af luister ek na als wat jy sê, maar Het jy my opgetel as ek […]
Eerste reens
Eerste reëns Dowwe diep dreuning laat oortjies spits neusies opgelig word die lug gesnuif-snuif sterte word gekrul en opgewonde gewuif ver in die verte blink die eerste blits grou grys gordyn sak uit die wolke neer druppels plof-plof in die rooibruin stof dan is dit asof die hemel self ontplof as bliksems deur die donker […]
Geloof, Hoop en Liefde
Geloof, Hoop en Liefde Eendag sal ons verstaan vir nou het ons Geesgedrewe Geloof waarop ons vas moet staan al voel dit God is doof. Eendag sal ons alles weet vir nou het ons helende heilige Hoop al voel ons soms deur God vergeet sal ons Sy pad bly loop. Eendag sal ons alles ken […]
dans van die skulpe
wit mossel skulpe lê gesaai lengte en breedte van strand knarsend klink my voetstappe as skulpe onder krakend breek vanaand dans die skulpe weer in spring gety se opwip-golwe gruisend, grawend, groeiende spierwit gedekte mossel tapyt hier deur mure van ons huisie druis die klanke in my ore sag weet my duin is buite gevaar […]
Gedagtes langs die pad
Vir die hoeveelste keer wat ek met die pad ry waai ‘n tarentaal se veer verby my Die son sak en verlange verdrink saam met hom in die oranjerooi gange tyd gaan so vinnig om Dwaal my oë oor die vlaktes en ek wonder met heimweë gedagtes in hierdie sononder Waarom voel ek in gister, […]
gedoriewaar
gister het wind gewaai vanoggend is dit bewolk en reën gister was ons jonk en mooi gewees vandag is ons helaas nog net mooi so praat volksmond laggend spottend met homself my volk het een ding wat niemand anders het dit is om selfs onder moeilikste vir homself en ander te kan lag volkshumor soms […]
Genade
Geweefde drade van genade gevleg deur oomblikke wat alles bind van dit wat toeval en beplanning saamweef alles wat gevestig is op meer as wat die wêreld kan bied deur Sy genade en kosbare bloed is vergifnis lewendig vir elkeen wat na Christus smag met elke weefsel van jou verganklikheid en Hy sal jou vertrooster […]
Waters van rus
Waters van rus Kom vat my hand en lei my tot waar waters van rus na my siel toe roep en ons sy aan sy in vrede se stilte wroeging uit kan blus lei my tot waar die piet my vrou en die nagtegaal se melodie my hart opnuut toevou in die lewe se liefdes […]