Jongste aktiwiteit:

2021

– laat die branders bruisend strandwaarts keer laat die wind die duine heen en weer omkeer laat die see en alles daarin uitbundig wees laat my siel vir altyd dankbaar daaroor sweef laat U wil geskied O, Heer want U is altyd in beheer – ©Teãrlach

– wat maak sin vandag die water van gister die wind van môre die kinders se gelag – stil-word is nie eensaam met branders verloop tyd dein die seevlak op en af koester elke siel Sy Naam – vandag se sin is gister se gewin – ©Teãrlach

– uitdrukkingloos staar hy oor die see sy hele wese daarin meegesleur slegs die wat hom ken sal verstaan wat onder die verweerde plooie aangaan eeue se meeue het dit skor ingeryg klanke wat woorde skeppend rig aan almal wat bestaan – verstaan wat seewaarts kyk om wysheid uit die aardse gloed van geil goedheid […]

die lewe ʼn mengelmoeskardoes vroegmôre-vreugde dans in tortelduifklanke soet as somerson skugter stil nuwe juweel kom ontmoet nog ʼn dag vir ons geskenk uit Sy genade so groot as sonstrale singend saam die môrestond groet selfs díe met hart van klip neurie saam op noot vaste vertroue: U die wingerdstok, ek die loot goudgeel glinsterend […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed