Terug na die Begin
Terug na die Begin Sy kyk na die groot kop van die man wat gebukkend oor haar tekeninge staan, voor sy iets kan sê, word hy bewus van haar teenwoordigheid, kom orent, en draai om, en al wat deur sy gedagtes gaan, is, ‘Wat sal die ‘kind’, hier in die tekenkantoor soek,’ en sy sien […]
Die mooiste kersgeskenk
Estelle kyk met groot bruin oë rond in die kamer, oorkant haar is ‘n tafel, en twee enkel bedjies. Sy is moeg, dit was ‘n lang dag. Haar ouers het grusaam verongeluk, sy was die enigste oorblywende,en is nou in die weeshuis se sorg geplaas. Sy gaan lê op die bed naaste aan die vester […]
Metafore: ʼn waterstroom wat vloei deur ons taallandskap.
Metafore: ʼn waterstroom wat vloei deur ons taallandskap. Wat is metafore? Wanneer jy ʼn digter of skrywer is, het jy definitief al van metafore gehoor. As jy lief is om met woorde te speel, kan jy selfs ʼn groot aanhanger van die metafoor wees. Metafore is nie net nog woorde nie, hulle dra ook by […]
King Kong en die nagwag
John Smith was nog nie heeltemal gereed vir aftrede nie. Hy het gedink hy is, maar na ‘n maand saam met sy dierbare vroutjie, Jane, het hy besef sy gaan nie dierbaar bly as hulle dag en nag in mekaar se geselskap gaan wees nie. John was sy lewe lank ‘n deur-tot-deur verkoopsman – van […]
Kasgeraamtes (Goud)
geraamtes hang in donkerstyl aan ou hangers in ‘n kas geboë soos aan galge met saamgeperste vuiste (alles been op been) skuil agter ou ge-erfde jasse en bly vir jare daar alleen maar as die skadus konkel en strepies lig kom in verander die versteekskelet in ‘n moë marionet een wat struikel in sy val […]
Beroerte (Goud)
die dag toe hy gebreek het het stukkies van sy glasgesig in sy pantserkas bly lê sy voorkoms is ‘n ewebeeld deur duisend kleine breeksel mosaïekspieëltjies ontsê wasig word sy mening min en sy wysheid ploeter rond asof die veters aan sy voete soos slangdrome krioel en sy klawerlose klankbord deur stroomversnellings spoel sy naam […]
kern gedagte
– ragfyn loop dit deur die jare deur die geslagte van die Vader vorm dit dié boodskap van alles wat moeite werd is om te onthou wat sou ons daarsonder kon wees waarmee sou ons kon bou in vlees sou ons die regte pad kon volg nie afdraai en verlore raak stellig nie, dalk heeltemal […]
Kersgeskenk …
Mag ek vir jou ‘n ster vang en heel bo aan my kersboom hang? ek wil ook graag vir jou ‘n geskenk stuur sal dit mooi sorgvuldig toedraai in kerspapier en onder die kersboom sit en spesiaal aan jou dink. Dit sal nie ‘n geskenk wees wat ek by ‘n winkel koop nee, dit sal […]
OP PAD NA MÔRE (goud)
Oopgestrek tussen hemel en aarde skreeu stemme in my kop ‘n lyf vol letsels mank spore wat vorentoe swenk in my hand hou ek ‘n hart jy gee vir my al jou gisters en môres ons loop verder in skadu’s onder melkhoutbome ons luister na bokmakierie streel oor bosbaarde om te dink dat ons bekende […]