Jongste aktiwiteit:

Mag God altyd by jou wees…

Jy mag maar vir jou ‘n glasie sjampyn skink
en aan die ou jaar dink
dit was glad nie ‘n maklike jaar
maar ons het elke keer weer op gestaan
as die lewe ons plat slaan…

2021 is besig om tot ‘n einde te kom
terwyl 2022 vir ons wag op die horison
mag God altyd by jou wees
en jou hart vul met die heilig Gees
mag jy met liefde en vrede die nuwe jaar binne gaan
en deur al die seer en pyn net weer op staan.

Ek bid dat dit met jou goed sal gaan
en dat jy met vrede 2022 sal ingaan
skink vir jou ‘n glasie sjampyn
sodat jou probleme en hartseer saam met die ou jaar verdwyn…

MC Marx (C)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed