Jongste aktiwiteit:

diep


uitdrukkingloos
staar hy oor die see
sy hele wese daarin meegesleur
slegs die wat hom ken sal verstaan
wat onder die verweerde plooie aangaan
eeue se meeue het dit skor ingeryg
klanke wat woorde skeppend rig
aan almal wat bestaan – verstaan
wat seewaarts kyk om wysheid
uit die aardse gloed van geil
goedheid onbeperk gepeil
onverdiend ontvang
pik ‘n traan oor
sy wang

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed