Jongste aktiwiteit:

DROOMWOORDE VERLORE

My altyd-nog droomwoorde
van huppel, liefhê en lag
het jy dinamiet loop bêre
in ‘n diep- donker skag

Nou lê my alfabet verstrooi
in die ontploffing se stof
grawe naelbreek daarna
asof vir ‘n naald in hooi

Lettergrepe erg gebroke
disseldans op wieke van wind
want Vader waar o waar –
word heel woorde gevind

Sinsnedes swiep tornadodraai
soos sinoniem neerplof in stof
want met flenter hart aan flarde
word realiteit mettertyd dof




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed