Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tower se krag

Deur Woordwewer
Datum gepubliseer: 20 Mei 2016 Aantal woorde: 116 930 Kere gelees 13

Om ons dans die lewe
reeds van ons kinderdae af
en ons… dans voluit saam,
want dit is lekker.

Ons dans elke dag
en voel tower se krag
wat deur ons vloei
omdat dit so hoort.

Kindwees, is die definisie
van die towerdans
wat kind saamflans
oppad deur die lewens bos.

Daar dans wolf en rooi kappie
hand aan hand,
want more word die storie
aan nog ‘n generasie vertel.

Die ritme dra jou,
leer jou om nooit te stop
en tog indoktrineer lewens loop
ons na groei en grootword.

Tower verflou tot ‘n lam gevoel
wat in siels blindheid verstar
en as jy inkyk is dit net leë leemtes
se eggo wat na jou terugkeer.




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Koekekranka

    21 Mei 2016

    Jou slot skep wye vlaktes vir oordenking…

  2. Woordwewer

    23 Mei 2016

    Baie dankie vir die kommentaar en saamlees

  3. Anze

    23 Mei 2016

    baie diep gedagtes wat jy so mooi tot n hoogtepunt in die sloters vaspen

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 79
Kommentaar telling: 43

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 180 gaste aanlyn

Bydraes – Argief